Aangesien God die harte en gedagtes van mense sien, kan niks vir Hom weggesteek word nie. Alles wat ʼn mens in die lewe doen, sal voor die regterstoel van God geopenbaar word, en elkeen sal volgens hulle dade geoordeel word. Daarom sê die Bybel, “tree dan met ontsag op in die tyd van julle vreemdelingskap.”
Volgens die leringe van Christus Ansanghong en God die Moeder, wat gesê het: “Wat julle ook al vir een van die geringstes gedoen het, het julle vir My gedoen,” dien die lede van die Kerk van God mekaar nederig en beoefen liefde. Verder neem hulle as ʼn les die vernietiging wat veroorsaak is deur die Israeliete se gemor en gekla en die onsedelikheid van Hofni en Pinehas, die seuns van die priester, en hulle streef altyd daarna om ʼn heilige lewe van geloof te lei.
Daarom staan daar geskryf: “Wees heilig, want Ek is heilig.” En as julle Hom wat nie volgens die uiterlike oordeel nie, maar ooreenkomstig elkeen se optrede, wel as Vader aanroep, tree dan met ontsag op in die tyd van julle vreemdelingskap. 1 Petrus 1:16–17
Die slotsom is, nadat alles gehoor is: Betoon ontsag vir God en kom sy gebooie na; dit geld immers die hele mensdom. Want oor elke daad sal God self oordeel, oor alles wat verborge is, of dit goed is of kwaad. Prediker 12:13–14
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid