Toe die Israeliete Egipte verlaat het, het God eers die krag van die Pasga geopenbaar, en die Pasga verkondig deur die Wet van Moses, en hulle beveel om dit vir die volgende geslagte op die vasgestelde tyd te hou.
Later is God se mense geprys en beskerm teen rampe nadat hulle die Pasga gehou het, en Jesus het ook die Pasga saam met Sy dissipels gehou en aan hulle die seën van die ewige lewe gegee.
Sedert die Pasga in 325 nC afgeskaf is, het al die kerke die gebruike van 'n heidense god onderhou.
Die lede van die Kerk van God besef egter die belangrikheid van die Pasga, wat God Sy volk beveel het om vir die komende geslagte te vier, deur die leringe van Christus Ansanghong en God die Moeder, en onderhou dit.
Daarna het die koning die hele volk opdrag gegee en gesê: “Vier die Pasga vir die Here julle God, soos dit geskryf staan in hierdie boekrol met die verbond.” . . .
'n Koning soos hy was daar nie voor hom nie – iemand wat na die Here teruggekeer het met sy hele hart en met sy hele wese en met al sy krag, in ooreenstemming met die hele Wet van Moses. En ná hom het daar ook nie iemand soos hy opgestaan nie.
2 Konings 23:21–25
Hy het gesê: “Gaan in die stad na 'n sekere persoon en sê vir hom, ‘Die Leermeester sê: My tyd is naby – Ek wil die Pasga met my dissipels by jou vier.’ ”
Die dissipels het gemaak soos Jesus hulle beveel het, en die Pasga voorberei.
Matteus 26:18–19
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid