Mense dink dat die einde van hul lewe op hierdie aarde die einde van alles is, maar die hemel en die hel bestaan wel, en wanneer hul lewe in die driedimensionele wêreld eindig, sal hulle almal terugkeer na hul oorspronklike wêreld. Jesus het die sondes van die mensdom aan die kruis gedra en die nuwe verbond tot stand gebring om Sy geliefde kinders na die hemel te neem, nie na die hel nie, die plek van straf.
Die hel, soos beskryf in die Bybel, is ʼn plek van groot lyding. Daarom het Christus Ansanghong en God die Moeder weereens die nuwe verbond bekend gemaak en die mensdom die geleentheid gegee om die ewige heerlikheid in die koninkryk van die hemel te geniet.
En net soos dit bestem is vir mense om slegs een maal te sterf, en daarna kom die oordeel, . . . Hebreërs 9:27
Die Duiwel wat hulle op ʼn dwaalspoor gelei het, is toe in die poel van vuur en swael gegooi waar die dier en die vals profeet ook is. En hulle sal dag en nag gefolter word, vir ewig en ewig. . . . Elkeen is volgens hulle dade geoordeel. Toe is die dood en die •Hades in die vuurpoel gegooi. Dit is die tweede dood, die vuurpoel. Openbaring 20:10–14
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid